WAT Woord van die week: Sitbok

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
sitbok s.nw. (mv. sitbokke) (skertsend; ongewoon)

Betekenis:
1 BOBBEJAAN. (Opgeteken in Namakwaland, Noordwes, die Bosveld, die Vrystaat en in die Oos-Kaap).
2 SITBOKBILTONG: Die borde gekerfde biltong was gewis nie sitbok nie (Landbouweekblad, 12 Jun. 1981, 106).

Woord:
sitbokbiltong s.nw. (skertsend; ongewoon)

Betekenis:
Biltong van minderwaardige gehalte waarvan te kenne gegee word dat dit van bobbejaanvleis gemaak is; sin. sitbok: Dis mos pure sitbokbiltong wat jy my gegee het! (Graaff-Reinet).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.