WAT Woord van die Week: sjarmeer

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
sjarmeer (werkwoord), het gesjarmeer; byv. en byw. sjarmerende, sjarmerend, gesjarmeerde, gesjarmeer(d).

Betekenis:
Aan jou sjarme onderwerp of onder die invloed of indruk daarvan bring: Heidi is een van daardie snaakse meisies wat bedonderder raak hoe meer jy haar sjarmeer (P. de Bruyn: Maan, 1973, 70). Hy sjarmeer ons in sewe suksesvolle Bond-prente (Die Burger, 4 Jul. 1987, 6). Nadat die aktrise hom gesjarmeer het, het hulle hul bates by ‘n fotosessie ten toon gestel (Beeld, 5 Des. 1992, 3).

Waar kom dit vandaan?
Sjarmeer kom uit Nederlands charmeren en gaan terug na Latyn carmen “magiese formule, deuntjie, gedig”.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.