WAT Woord van die Week: skattebol

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
skattebol, skattebolle; skattebolletjie (meer dikwels in die enkelvoud) (dikwels saam met my en as aanspreekvorm)

Betekenis:
Iemand vir wie jy baie lief is en baie omgee; skat, skatlam, skatlief, skattie: “Hallo, ou skattebol,” groet hy lugtig. “Vanaand is my geluk so in soos dit nog nooit was nie” (T.C. Pienaar: Drif, 1961, 124).

Waar kom dit vandaan?
Samestelling van skatte en bol, waarskynlik so genoem omdat iemand waarvoor jy lief is ‘n hele bol of versameling skatte vir jou werd is. Nederlands gebruik schattebout waarin bout beteken “iemand vir wie jy lief is”.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.