WAT Woord van die week: skilpadvere

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
skilpadvere

Betekenis:
(skertsend, ironies)
1 Onsin, of iets wat heeltemal verspot is of wat nie werklik voorkom nie: Meneer Proskie, een van hul dosente, se stelling, nl. dat jy die stoutste kind die liefste moet hê, is skilpadvere! Hy het beslis nie van ‘n klas soos hierdie een geweet nie (D. Matthee in Huisgenoot, 15 Februarie 1974, 98).
2 Iets wat baie hard is: Ek het die voorste rugleuning (v.d. motor) ‘n bietjie hard bevind — soos die ou mense gesê het, met skilpadvere opgestop, maar ‘n mens se rug kry goeie ondersteuning in die regte holtes (Huisgenoot, 30 September 1957, 46).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Uncle Buck ·

Wat van die gesegde ‘sommer is nie ‘n rede nie, want skilpad dra nie vere nie’. Kan hy klasifiseer onder die skilpadvere woord

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.