Woord:
skoolvos
Betekenis:
1 (gewoonlik neerhalend) Iemand wat dikwels nie werklik kundig is of goed ingelig is nie, wat pedanties en oordrewe vitterig is en hom of haar in so ‘n mate met beuselagtighede of die opspoor van foute besig hou dat meriete soms oor die hoof gesien word: As ouderwetse skoolvos het hy hom vas gelees teen wat hy as taalfoute in Leroux se werk beskou het (Die Burger, 17 Sept. 2011, By, E).
2 (skertsend) Iemand met ‘n akademiese agtergrond of ingesteldheid: As deurwinterde skoolvos gaan ek my kommentaar puntsgewyse aanbied (H. Aucamp: Woorde, 1984, 38).
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.