WAT Woord van die week: somber

Argieffoto Foto: unsplash, Pixabay

Argieffoto Foto: unsplash, Pixabay

Woord:
somber

Betekenis:
1. Swaarmoedig, bedruk.
2. Donker, treurig.

Waar kom dit vandaan?
Frans sombre (1433) uit die werkwoord sombrer ‘skaduwee maak’ uit Latyn subumbrare, ‘n afleiding van subumbra ‘onder die skaduwee’, met laasgenoemde van sub ‘onder’ en umbra ‘skaduwee’.

Engels sombre (1760 in betekenis 1), Portugees sombrío, Spaans sombrío.

Vergelyk:
sombrero (hoed met ‘n besondere breë rand veral in Spanje en Spaans-Amerika)
Waar kom dit vandaan?
Uit Portugees sombreiro, ‘iets wat skadu gee’, uit Spaans sombrero of Latyn subumbra ‘onder die skaduwee’, met laasgenoemde van sub ‘onder’ en umbra ‘skaduwee’.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.