WAT Woord van die Week: spanspek

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
spanspek

Betekenis:
Soet, sappige, geurige vrug soortgelyk aan pampoen

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands Spaans spek (17de eeu in die vorme Spaenspeck, Spaenschspek, spekmeloen). Spaans spek is ‘n samestelling van Spaans, omdat die Spanjaarde die vrug aan Nederland bekend gestel het, en spek (1569), ‘n skeldnaam vir ‘n Spanjaard, veral ‘n Spaanse soldaat.

Dit is ook moontlik, maar onwaarskynlik, dat -spek verwys na die vrug se sappige vleis, vandaar miskien die hipotese dat spanspek afgelei is van Frans pastèque “waatlemoen”.

Vanuit vroeë Afrikaans in Suid-Afrikaanse Engels in die vertaalde vorm Spanish Bacon (1731), waarna in die vorme Spanich Spec(k), spanspek en sponspek. Nederland ken vandag slegs meloen.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.