WAT Woord van die Week: steenbras

Wit steenbras Foto: sealine.co.za

Wit steenbras Foto: sealine.co.za

Woord:
steenbras

Betekenis:
Enigeen van ‘n paar soorte seevisse.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands steenbrasem (1598), ‘n wisselvorm van zeebrasem (1588). Nederlands steenbrasem is ‘n samestelling van steen “steen” en brasem “soort riviervis” en word waarskynlik so genoem na aanleiding van die vis se voorliefde om op rotsbanke te hou en omdat dit waarskynlik aan die riviervis herinner. Nederlands zeebrasem is ‘n samestelling van zee “see” en brasem “soort riviervis” en word waarskynlik so genoem omdat hierdie seevis aan die riviervis herinner. Reeds by Van Riebeeck (1651 – 1662).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

http://youtu.be/q1-Sx6N8kI8

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.