WAT Woord van die week: struikrower

Argieffoto (janeaustenrunsmylife.wordpress.com)

Argieffoto (janeaustenrunsmylife.wordpress.com)

Woord:
struikrower

Betekenis:
Rower wat langs die pad skuil om reisigers aan te val en te beroof.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands struikrover (Middelnederlands struucrover), waarskynlik so genoem omdat sulke rowers agter struike skuil om hulle slagoffers in ‘n lokval te lei.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Timothy De Vos botha ·

Hallo daar, ek is Timothy maar almal noem my Timmie, ek is ‘n liedjieskrywer,digter,sanger en ek skryf ook kortverhale, ek hou nogal van die woord struikrower betekenis? Iemand wat in die bos skuil of in struike, en jou so aanval.Geseende dag verder

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.