WAT Woord van die Week: Swanesang

Argieffoto (Public Domain, Pixabay)

Argieffoto (Public Domain, Pixabay)

Woord:
swanesang

Betekenis:
Laaste keer dat iemand iets doen of in ‘n bepaalde hoedanigheid optree, of laaste werk, bv. ‘n gedig of komposisie, van ‘n kunstenaar voor sy dood.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands zwanezang. Daar bestaan ‘n eeue-oue bygeloof dat swane net voor hul dood besonder mooi sing. Volgens die Griekse volksgeloof kondig die swaan wat aan Apollo en Venus gewy is, sy naderende dood met ‘n lied aan. Plato en Aristoteles verwys al daarna, en Shakespeare noem dit ook. Duits Schwanengesang, Engels swan-song.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.