WAT Woord van die Week: veteraan vs. rekruut

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
veteraan

Betekenis:
1. Oudsoldaat, iemand met lang militêre ervaring
2. Ervare persoon
3. Ouer persoon wat bedrewe was in iets
4. Persoon wat in ‘n bepaalde ouderdomskategorie in sekere sportsoorte deelneem

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands veteraan, uit Frans vétéran, uit Latyn veteranus “oudgediende”, uit vetus “oud”.

Woord:
rekruut

Betekenis:
1. Onervare nuwe lid in die weermag, polisie of dergelike instelling
2. Enige persoon wat gewerf is vir ‘n beroep, ‘n vereniging, ‘n sportspan of iets dergeliks

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands rekruut, uit Frans recrute, “nuwe groei”, uit Latyn re-crescere, “weer groei”.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.