WAT Woord van die Week: wedstryd

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
wedstryd

Betekenis:
Mededinging, veral in sport.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands wedstrijd (1650). Die Nederlandse wisselvorm weddenstrijd (1804) dui aan dat dit verband hou met weddenschap (1666) “weddenskap”, waarskynlik na aanleiding van die gebruik om geld op sulke kompetisies te verwed. Eerste optekening in Afrikaans in Patriotwoordeboek (1902).
Nederlands wedstrijd uit Hoogduits Wettstreit (1494). Geld het dus oorspronklik ook ‘n rol in sport gespeel, voordat die amateur-era aangebreek het. Wedloop en wedren het ‘n soortgelyke herkoms.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.