WAT Woord van die Week: werkesel

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
werkesel

Betekenis:
Persoon wat voortdurend baie hard werk.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands werkezel (1787), so genoem omdat ‘n esel vir lang tye hard kan werk.

Woord:
werkolis, werkoholis

Betekenis:
Werkslaaf

Waar kom dit vandaan?
Uit werk en -olis, as leenvertaling van Engels workaholic (1968).
Engels workaholic is ‘n samevoeging van work “werk” en die knipsel -aholic, gevorm na analogie van alcoholic “alkoholis”.
Engels workaholic kom ook voor in Duits workaholic en Nederlands workaholic (ná 1950).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.