Woord: aanpiekel

Argieffoto (Foto: Wilfried Pohnke/Pixabay)

Woord:
aanpiekel

Betekenis:
1 Met moeite iets na ʼn ander plek bring.
2 Aansukkel.

Waar kom dit vandaan
Samestelling van aan “voortgaan” en piekel, met lg. uit Ndl. piekelen, die vernederlandste vorm van pikolen “aan ʼn drastok oor die skouer dra en vervoer”. Volgens Leibbrandt (1882) beteken Kaapse Maleis pikul “dra, veral ʼn las op die skouers” en “ʼn gewig van 125 Hollandse pond weeg”. Eerste optekeninge in Afr. by Pannevis (1880) in die vorm anpiekel en by Du Toit (1908) in die vorm anpikel, albei met die bet. “met moeite aandra”. In Afr. het daar dus ʼn eie bet. ontwikkel.

Ndl. pikolen, meestal vernederlands tot piekelenpikelen (1852) uit Maleis-Javaans pikolpikoel “dra”, in Indië “aan ʼn drastok oor die skouer dra en vervoer”. Die s.nw. pikol uit Maleis-Javaans pikolpikoel “een mansvrag, soveel as wat aan ʼn drastok (pikolan) aan beide kante van ʼn juk deur een man gedra kan word” uit ww. pikol, “oor die skouers dra”. Die pikol is ook ʼn handelsgewig (tans 125 Amsterdamse pond) en maat in O.Indië en O.Asië.

Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.