Woord: alfabet

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
alfabet

Betekenis:
letters van ʼn taal in volgorde

Waar kom dit vandaan?
Ons ABC kan net sowel die os, huis genoem gewees het. Grieks alpha, beta was in Hebreeus alef (“os”), beth (“huis”), na aanleiding van die Fenisiese simbole vir die letters.

Dié verruimende inligting is wyd bekend, maar daar is ʼn Engelse stertjie aan. Talle der talle kere word die naam van ʼn Engelse winkel as Ye olde shoppe aangedui. Die ou Engelse alfabet het ʼn ekstra letter gehad, naamlik thorn. Dit het die th-klank soos in die woord this verteenwoordig, en het só gelyk: Þ As dit geskryf is met die ringetjie van die Þ oop, het dit na ʼn Y telyk, en vandaar die Ye, in plaas van The (Þe).

Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek: Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bosbok ·

Ek het die stukkie nou n paar keer gelees, maar vang sowaar nie waar die laaste paragraaf inpas by die ontstaan van die woord alfabet nie. Omtrent n toffie vir my op die Vrydag :)

Sune van Heerden ·

Dagsê Bosbok

Ons vra om verskoning vir enige verwarring op so lekker Vrydag!
Die stukke oor die “Ye” is sommer net ‘n ekstra interessante stertjie wat dr. Anton Prinsloo bygevoeg het – omdat die “Ye” so verkeerdelik uit die alfabet opgeneem is, en mense vandag nog steeds laat kopkrap.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Otter ·

Dankie vir die interessante verdiideliking van ‘Ye’ verskynsel.

Oosie ·

Kyk na die winkel se naam op die foto. Dit verklaar verder die Ye i.p.v. The. Wil jy nou meer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.