Woord:
alfabet
Betekenis:
letters van ʼn taal in volgorde
Waar kom dit vandaan?
Ons ABC kan net sowel die os, huis genoem gewees het. Grieks alpha, beta was in Hebreeus alef (“os”), beth (“huis”), na aanleiding van die Fenisiese simbole vir die letters.
Dié verruimende inligting is wyd bekend, maar daar is ʼn Engelse stertjie aan. Talle der talle kere word die naam van ʼn Engelse winkel as Ye olde shoppe aangedui. Die ou Engelse alfabet het ʼn ekstra letter gehad, naamlik thorn. Dit het die th-klank soos in die woord this verteenwoordig, en het só gelyk: Þ As dit geskryf is met die ringetjie van die Þ oop, het dit na ʼn Y telyk, en vandaar die Ye, in plaas van The (Þe).
Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek: Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Ek het die stukkie nou n paar keer gelees, maar vang sowaar nie waar die laaste paragraaf inpas by die ontstaan van die woord alfabet nie. Omtrent n toffie vir my op die Vrydag :)
Dagsê Bosbok
Ons vra om verskoning vir enige verwarring op so lekker Vrydag!
Die stukke oor die “Ye” is sommer net ‘n ekstra interessante stertjie wat dr. Anton Prinsloo bygevoeg het – omdat die “Ye” so verkeerdelik uit die alfabet opgeneem is, en mense vandag nog steeds laat kopkrap.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Dankie vir die interessante verdiideliking van ‘Ye’ verskynsel.
Kyk na die winkel se naam op die foto. Dit verklaar verder die Ye i.p.v. The. Wil jy nou meer!