Woord: altoos

Argieffoto (Foto: Mathew Schwartz/Unsplash)

Woord:
altoos

Betekenis:
altyd

Waar kom dit vandaan?
Die woord kom uit Nederlands altoos (al Middelnederlands).

Nederlands altoos het deur weglating van die velêre klank (klanke wat naby of teen die sagte verhemelte gevorm word) voor s ontstaan uit altoogs, altoochs, wat ʼn verkorting is van altoges, ʼn samestellende afleiding met –s van al en Middelnederlands toge, met lasgenoemde van die Middelnederlandse werkwoord tien wat “trek” beteken. Middelnederlands toge beteken vervolgens oordragtelik “gang, tog” en verder “keer, maal”.

Altoos staan derhalwe in verband met Middelnederlands in allen kere en Nederlands telkenmale, waaruit die begrip “altyd” voortvloei.

Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA), Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)  

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Scholtz ·

Volgens die boek, “Op ons Taalakker”, beteken altoos letterlik “by elke trek”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.