Woord: atlas

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Woord:
atlas

Betekenis:
Boek met landkaarte

Waar kom dit vandaan?
Die boek met kaarte het niks met die herkoms van die benaming te make nie – ook nie die mitologiese spierpaleis (Atlas) wat die wêreld op sy skouers dra nie. Atlas is ʼn soort satynsy wat uit die Verre-Ooste gekom het en het in Arabies “glad” beteken. Die werkwoord talasa beteken “glad vryf” – maar die eerste kaartboeke is op materiaal gedruk en het toe dié naam gekry.

Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek: Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Die mitologiese Atlas het ook nie die aarde op sy skouers gedra nie. Sy straf was om die lug (die uitspansel) op sy skouers te dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.