Woord: avokado

avokadoWoord:
avokado

Betekenis:
peervormige tropiese vrug

Waar kom dit vandaan?
Die oorspronklike betekenis van die woord laat ‘n mens sommer besluit om dit nooit weer te eet nie.

In die 16de-eeuse Asteketaal Nahuatl van Sentraal- en Wes-Meksiko is dié vrug die ahuacatl genoem. Dit het “testikel” beteken en is so genoem na aanleiding van die vorm van die vrug, of omdat geglo is dat dit ‘n afrodisiakum is.

Toe die Spanjaarde daar aangekom het, het hulle ‘n wisselvorm aouacate gehoor wat hulle as avocado uitgespreek het. Engelse matrose was nog meer deur die war en het van die alligatorpere (alligator pears) gepraat. Maar die bloukouse bederf dié herkoms met die prosaïese verduideliking dat die skil van die vrug donkergroen, dik, leeragtig en knopperig is – omtrent soos die vel van die alligator.

Dié interessante brokkie is in Anton F. Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die kers – skelm woorde deur die eeue gepubliseer.
Uitgewers: Pharos
Prys: R250-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.