Woord: bakgat

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
bakgat (plat)

Betekenis:
Uitstekend, goed, besonders, uitmuntend; ook spoggerig, afwyserig: ‘n Bakgat kêrel. Hy doen dinge bakgat. Ook as uitroep van bewondering of om te kenne te gee dat iets op spoggerige, afwyserige wyse gedoen is: Bakgat! So hardloop ‘n kampioen mos!

OOK: bak
Betekenis: Piekfyn, uitstekend: ‘n Bak kêrel. Dit gaan vandag net bak.

Waar kom dit vandaan?
Waarskynlik uit Nederlands bak (Middelnederlands bac) “boot”, met bygedagte aan “groot” soos in bakbeest “groot, lomp voorwerp”. (WAT, WNT, VD13, dVdT, Kluge, Weijnen)
Bakgat dan ʼn samestelling van bak en gat “opening”. Volgens Silva (1996) lui een verklaring dat die beste brood gebak is in die vuur wat in ‘n gat in die grond gemaak is; andersins dat bak “uitstekend” en gat “anus” beteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

J vd Merwe ·

Nie boot nie,
In Nederland: iets lomps en diks, een gevaarte; eig. een dier, een varken, dat aan de bak gevoederd wordt en dus volwassen is.

Pierre ·

Hi daar

Wil graag weet waar kom die word tannie vandaan, soos in hallo tannie?

Dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.