Woord: baldadig

vintage-1794747_1280Woord:
baldadig b.nw., baldadige.

Betekenis:

Spelerig, uitgelate: Die baldadige seuns hardloop in die reën rond.  Die jong kalwers hardloop en spring baldadig.
Geniepsig, wild, roekeloos kwaaddoenerig of rumoerig: Die baldadige protesteerders laat geen burger met rus en vrede nie.
Uit Ndl. baldadig wat aanvanklik “misdadig” beteken het, maar in Ndl. tans “wild of uitgelate” beteken, uit Middelnederlands baeldaed “bose daad”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.