Woord: Baldadig

reenWoord:
baldadig b.nw., baldadige.

Betekenis:

1
Spelerig, uitgelate: Die baldadige seuns hardloop in die reën rond.  Die jong kalwers hardloop en spring baldadig.
2 Geniepsig, wild, roekeloos kwaaddoenerig of rumoerig: Die baldadige protesteerders laat geen burger met rus en vrede nie.
Uit Ndl. baldadig wat aanvanklik “misdadig” beteken het, maar in Ndl. tans “wild of uitgelate” beteken, uit Middelnederlands baeldaed “bose daad”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Izak Nel Mentz ·

Mooi Maroela! Elke keer as jul die herkoms en betekenis van ‘n Afrikaanse woord bespreek beteken dit ons taal bly behoue vir nog ‘n dag.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.