Woord: betrag

Argieffoto (Foto: jhenning/Pixabay)

Woord:
betrag

Betekenis:
Volgens die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) en die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) het “betrag” twee betekenisse. Dit verwys in die eerste plek na die handeling om iets met aandag te bestudeer of te beskou. Byvoorbeeld:

  • Toe die stappers die bergtop bereik, het hulle die panoramiese uitsig oor die vallei betrag en die skoonheid van die natuur met nuwe oë ervaar.
  • Die wetenskaplike het die mikroskoop gebruik om ʼn seldsame insek met groot aandag te betrag, en so kon hy nuwe inligting oor dié insek se gedrag waarneem.

Tweedens, dui “betrag” ook op die nakoming van ʼn verpligting. Byvoorbeeld:

  • Die skrywer het sy plig om stories van hoë gehalte te lewer, getrou betrag, en sy werk met groot erns aangepak.
  • “Ek het my hart geneig, om u insettinge te betrag, vir ewig, tot die einde toe” (Psalms 119:112, 1953-Bybelvertaling).

Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.