Woord: bittereinder

Argieffoto (Foto: skeeze, Pixabay)

Woord:
bittereinder

Betekenis:
iemand wat tot die einde volhard (veral ’n soldaat wat so lank moontlik voortveg)

Waar kom dit vandaan?
Boerestryder wat aan die einde van die Anglo-Boereoorlog (1899 – 1902) geweier het om oor te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Casper Labuschagne ·

Die verduideliking hierbo is nie verkeerd nie, maar dan weer word daar ook nie gesê nie dat bittereinder kom van diegene wat tot die bittere einde in die Anglo Boereoorlog geveg het. maar ook diegene wat geweier het om die Verdrag van Vereniging te erken.

Die term “ons veg tot die bittere einde toe” is opgeteken waar dit deur die aanvoerders van die Boerekommandos in die latere fase van die ABO gebruik is. Maar Genl J.C. Smuts se woorde tydens die Verdrag van Vereeninging het die woord bittereinder in die volksmond gevestig, “”Broers, ons het besluit om tot die bittere einde te staan; laat ons soos manne erken dat daardie einde vir ons gekom het, in bitterder vorm gekom het as wat ons ooit gedink het. Vir ’n ieder van ons sou die dood ’n soeter en sagter einde gewees het as die stap waartoe ons nou sal moet oorgaan…”

Die bittereinders wat geweier het om onder ‘n Britse vlag te leef kon nie wettiglik in ‘n Britse kolonie aanbly nie en het dus verhuis na Duitswes Afrika (Namibië) asook Madagaskar soos Manie Maritz en Deneys Reitz. Nog ‘n groep bittereinders het na Argentinië toe uitgewyk waar hulle in Patagonië gevestig het en ‘n verarmde bestaan daar gevoer het.

Na 1902 het bittereinder dus spesifiek verwys na die boerekrygers wat geweier het om die Verdrag van Vereniging te aanvaar en wetlik verplig was om die Britse kolonies te verlaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.