Woord: boek

lees-boeke.jpg

Argieffoto

Woord:
boek

Betekenis:
gebinde blaaie papier

Waar kom dit vandaan?
Volgens geskiedkundiges het veral Engelse priesters vroeg reeds gladde beukeboombas gebruik om hulle runes daarop te kerf. Die klank van boek is redelik herkenbaar daarin. Daar is ook ʼn woord in Sanskrit bhurja wat die naam was van beukebas wat vir skryf gebruik is. Papier kom van papirus, die soort Nylbiesie waarvan die eerste papier gemaak is. Perkament kom uit die stad Pergamum waar vel die eerste keer as plaasvervanger vir papier gemaak is. Die Duitse Buche is duidelik familie.

Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek: Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.