Woord: boel

Argieffoto (Foto: 2Photo Pots/Unsplash)

Woord:
boel

Betekenis:
1boel s.nw.
1 Boedel, besittings — veral losgoed: Sy boel word op die vandisie gesit.
2 Ordelose klomp goed: Wie sal die boel aan kant maak?
3 Wanordelike toestand, deurmekaarspul: ʼn Ellendige, vuilsmerige boel. Dis ʼn mooi boel!
4 Swetterjoel: ʼn Boel soldateʼn Hele boel boeke, streepsakke, ens.
5 Groep (klompie) mense: Hierdie familie is ʼn snaakse boel.

2boel s.nw.
1 Sien BULHOND.
2 Boel. Gewone naam vir ʼn hond: Boel prys sy eie stert — gesê van iem. wat sy eie lof sing. Jy het gewen, Boel se stert is joue — sarkasties gesê, bv. na ʼn redetwis om die teenstander te beduie dat jy hom dit in hemelsnaam maar gewonne gee.

Hierdie interessante brokkie verskyn in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ʼn Woord-projek.  

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.