Woord:
Boffin
Betekenis:
Omgangstaalwoord uit Engels vir ‘n kundige.
Waar kom dit vandaan?
Genoem na:
a) mnr. Nicodemus Boffin, ‘n karakter in Charles Dickens (1812-1870) se Our mutual Friend , of
b) die naam van ‘n restaurant in Oos-Anglia in Engeland. Van 1938 af en deur die loop van die Tweede Wêreldoorlog het Britse wetenskaplikes wat aan die ontwikkeling van radar gewerk het, daar geëet. Die woord is ‘n kapselsamestelling van dele van die woord b[ack] off[ice] in[telligence]
Oorspronklik gepubliseer in Anton F. Prinsloo se boek, Die aap in jou koffie
Uitgewer: Protea
Prys: R200-00*
* Prys onderhewig aan verandering