Woord: bredie

Foto net ter illustrasie. (Foto: Nathan Dumlao/Unsplash)

Woord:
bredie

Betekenis:
Gereg van vleis wat gewoonlik met uie gesmoor en met groente gestowe word.

Waar kom dit vandaan?
Moontlik uit Portugees bredo “enigeen van verskeie plante van die geslag Amaranthus, soms as groente gekook”. Hierdie groente was aanvanklik waarskynlik die groente wat in ʼn bredie gebruik is. ʼn Vroeëre betekenis van bredie, waar dit gebruik is om te verwys na ʼn gereg wat slegs uit groente bestaan, is reeds in 1831 opgeteken (Silva 1996). Ook by Pannevis (1880) het bredie die betekenis “groen moes van verskillende plante berei”. Eerste optekening in Afrikaans in die huidige betekenis by Mansvelt (1884) in die vorm bredi.

Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.