Woord: Brugman

Woord:
Brugman

Betekenis:
Iemand wat baie en oortuigend praat.

Waar kom dit vandaan?
Genoem na Johannes Brugman (1399-1473), Nederlandse kanselredenaar. Hy het ongeveer 20 jaar lank deur Nederland gereis om die streng lewenstyl van Sint Franciscus van Assisi (gebore Giovanni Francesco Bernardone, 1182-1226) te verkondig. Sy kragtige prediking was gemik teen dobbelary, ontheiliging van die Heilige Dae deur dronkenskap, twiste en gevegte en die wraakgierigheid van die Staat. In 1642 stig hy nieteenstaande die teenstand van geestelikes en die owerheid ʼn nuwe klooster in Amsterdam. Daar preek hy so vurig dat die volk aan sy lippe hang en word die uitdrukking hierbo gebore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.