Woord: Cappuccino

Argieffoto (Foto: Engin_Akyurt, Pixabay)

Woord:
Cappuccino

Betekenis:
Koffie met melk en room gemaak wat in ‘n puntjie bo-op geklits is.

Waar kom dit vandaan?
Genoem na die Kapusyners, ‘n kerklike orde waarvan die lede ‘n mantel met ‘n gepunte kap dra wat in Italiaans ‘n cappuccio genoem word. En daar is die aap in jou koffie, want dit verklaar ook die naam Kapusynaap, wat ook so ‘n gepunte kroontjie het. ‘n Ander moontlike herkoms is dat die kleur van die koffie na dié van die mantel van die Kapusyners lyk.

Oorspronklik gepubliseer in Anton F. Prinsloo se Die aap in jou koffie
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R200,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.