Woord:
Cappuccino
Betekenis:
Koffie met melk en room gemaak wat in ‘n puntjie bo-op geklits is.
Waar kom dit vandaan?
Genoem na die Kapusyners, ‘n kerklike orde waarvan die lede ‘n mantel met ‘n gepunte kap dra wat in Italiaans ‘n cappuccio genoem word. En daar is die aap in jou koffie, want dit verklaar ook die naam Kapusynaap, wat ook so ‘n gepunte kroontjie het. ‘n Ander moontlike herkoms is dat die kleur van die koffie na dié van die mantel van die Kapusyners lyk.
Oorspronklik gepubliseer in Anton F. Prinsloo se Die aap in jou koffie
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R200,00*
* Prys onderhewig aan verandering