Woord: Cappucino

Woord:
Cappucino

Betekenis:
Koffie met melk en room gemaak wat in ‘n puntjie bo-op geklits is.

Waar kom dit vandaan?
Genoem na die Kapusyners, ‘n kerklike orde waarvan die lede ‘n mantel met ‘n gepunte kap dra wat in Italiaans ‘n cappuccio genoem word. En daar is die aap in jou koffie, want dit verklaar ook die naam Kapusynaap, wat ook so ‘n gepunte kroontjie het. ‘n Ander moontlike herkoms is dat die kleur van die koffie na dié van die mantel van die Kapusyners lyk.

Oorspronklik gepubliseer in Anton F. Prinsloo se Die aap in jou koffie
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R200,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anita ·

kapusyners is ook ‘n soort boontjie, die Nederlanders gaarmaak met gebraaide stukkies spek , erg lekker en kragtig in wind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.