Woord:
crèche
Betekenis:
kinderbewaarplek; plek waar jong kinders van werkende moeders gedurende werkure versorg word.
Waar kom dit vandaan?
Eerder uit Engels crèche (1854) as uit Nederlands crèche (1901 – 1925). Reeds in 1950 in dié betekenis (bewaarplek of dagsentrum waar kinders versorg en gevoed word terwyl die ouers buitenshuis moet wees) in die Woordeboek vir die Afrikaanse Taal opgeneem.
Engels crèche uit Frans crèche uit Oudfrans creche “krip, eetbak” of Provensaals crépia wat teruggaan op Oudhoogduits (Frankies) *kripja “krip, wieg” en moontlik verband hou met die krip in die stal waar Christus gebore is. Indien wel, hou dit dan waarskynlik ook verband met Nederlands krib(be) en Engels crib in die ouer betekenis van onder andere “mandjie, vlegwerk, eetbak, krip”.