Woord: Daedalus

Woord:
Daedalus

Betekenis:
Intelligente planmaker

Waar kom dit vandaan?
Genoem na die Romeins-Grieks-mitologiese uitvinder en vernuftige handwerker, Daedalus (Grieks Daidalos), aan wie verskeie bouwerke uit die Oudheid toegeskryf word. (Sy naam beteken “geslepe werker”.)
Hy word die eerste keer deur Homeros vermeld as die skepper van ‘n dansbaan vir Adriadne. Nadat hy uit jaloesie een van sy leerlinge vermoor het, vlug hy na Kreta waar hy vir koning Minos die berugte Labirint bou. Hy het ook in Cumae aan die Golf van Napels die Apollo-tempel gebou. Daidalos is ook goed bekend vir sy vlug, saam met sy seun Ikaros, wat te na aan die son gedraai het en neergestort het.

Oorspronklik gepubliseer in Anton F. Prinsloo se Die aap in jou koffie
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R200,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.