Woord:
dieet
Betekenis:
wyse van inname van voedsel
Waar kom dit vandaan?
‘n Dieet was oorspronklik net ‘n manier van leef, maar het later ook die betekenis van “dag se werk” bygekry (moontlik omdat ‘n dieet net soveel inspanning by die dikkes verg as ‘n dag se harde werk).
‘n Verdere mistasting was dat die parlementslede ook ‘n dag se werk doen en vandaar dié verwronge betekenis van “parlementsitting”. So staan die Japannese parlement ook bekend as die Diet (of Kokkai).
Dié interessante brokkie is in Anton F. Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die kers – skelm woorde deur die eeue gepubliseer.
Uitgewers: Pharos
Prys: R250-00*
* Prys onderhewig aan verandering