Woord: dikkedensie

Argieffoto (Foto: RyanMcGuire/Pixabay)

Woord:
dikkedensie, ook soms dekadensie

Betekenis:
moeilikheid; verknorsing: in ʼn dikkedensie wees • Dis nou ʼn dikkedensie!

Waar kom dit vandaan?
Deur volksetimologie ontstaan uit dekadensie, waarskynlik met bygedagte aan dik, omdat die probleme rondom dekadensie dikwels saamhang met ʼn oordrewe sug na genot wat kan uitloop op vraatsugtigheid.

Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (6de uitgawe)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.