Woord:
dolliwarie of dollewarie
Betekenis:
1 deurmekaar gedoente; roesemoes, warboel
2 (gewestelik) Klein hoedjie wat hoog op die kop sit. By Bethulie opgeteken.
Waar kom dit vandaan?
Vervorming van Dolly Varden, ʼn swierig uitgevatte koket met ʼn kenmerkend blomversierde hoed, in Charles Dickens se werk Barnaby Rudge
Ook in die uitdrukking:
In die dolliwarie wees
(1) vrolik, spoggerig, in jou skik, noppies wees – vroeër waarskynlik uitgedos wees
(2) in die war, verleentheid, moeilikheid wees
As daar een enkele mens is wat dié woord al in ‘n gesprek die afgelope 50 jaar gebruik het sal ek meer as verbaas wees.
Nog nooit gehoor nie….