Woord: ferriswiel

Argieffoto (Foto: Meridy, Pixabay)

Woord:
ferriswiel

Betekenis:
reusewiel wat vertikaal draai met passasiersbanke of –waens aan die buitenste rand

Waar kom dit vandaan?
Genoem na die Amerikaanse ingenieur, George Washington Gale Ferris, jr. (1859-1896), wat dit spesiaal in 1893 ontwerp het vir die Chicago-wêreldtentoonstelling ter viering van Columbus se koms na die Nuwe Wêreld in 1492. Die organiseerders het Amerikaanse ingenieurs uitgedaag om iets te ontwerp wat die Eiffeltoring as skoustuk van die Paryse tentoonstelling van 1889 sou oortref.

Ferris se wiel was 75 meter hoog, het 2 200 ton geweeg en kon 2 160 passasiers op ʼn slag dra. Dit was vier verdiepings hoër as die hoogste gebou in die wêreld indertyd – maar net ʼn kwart van die hoogte van die Eiffeltoring (324 meter).

Oorspronklik gepubliseer in Anton F. Prinsloo se Die aap in jou koffie
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R200,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.