Woord: filet

'n Voorbeeld van die "fillet"-haarband (Foto: Wikimedia Commons)

‘n Voorbeeld van die “filet”-haarband (Foto: Wikimedia Commons)

Woord:
filet

Betekenis:
dun gesnyde stuk van iets

Waar kom dit vandaan?
Die Latynse voorouer, filum, het “draad, gare” beteken. Die stukkie malse vleis langs die rugstring van byvoorbeeld ʼn bees is skynbaar nie na die vorm genoem nie, maar omdat dit oorspronklik met ʼn stukkie tou vasgebind was as dit gestop en in die oond geplaas is.

Die betekenis het uitgebrei na ʼn dun band om die kop waarmee die hare teruggebind is, of wat bloot as ornament gedra is. Lucius Domitius Aurelianus (c. 215 – 275) was die eerste Romeinse keiser wat so ʼn koninklike filet in die openbaar gedra het. Later is dit met edelstene beset.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ancara ·

Baie interessant nou het ek nog n woord se betekenis geleer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.