Woord: flikflooi

Argieffoto (Foto: Prawny/Pixabay)

Woord:
flikflooi

Betekenis:
iemand vlei met die doel om iets te kry; berekend vriendelik/tegemoetkomend wees; by iemand (probeer) inkruip: Hy flikflooi verniet by my; ek sal hom niks gee nie. • iemand wat altyd by die hoof flikflooi. • Die prinsipaal is ‘n man wat ‘n hoë toon aanslaan teenoor sy personeellede wat hom gedurig vlei en om hom flikflooi (F.P. van der Merwe).

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands flikflooien (1653), ‘n samestelling van flikken ‘vlei’ en vlooien, dialektiese vorm naas vleien. Vergelyk Middelnederlands flockeflere ‘flikflooi’, ‘n samestelling van flocken en fleeren wat albei ‘vlei’ beteken het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.