Woord:
freesia
Betekenis:
Suid-Afrikaanse plant met welriekende, kleurvolle blomme
Waar kom dit vandaan?
Genoem na die Duitse geneesheer, Friedrich Heinrich Theodor Freese (1795 – 1876), wat Suid-Afrikaanse plante bestudeer het. Hy het by CF Ecklon (1795 – 1868) studeer wat die naam freesia aan die geslag gegee het.
Ecklon self het die eerste plantmuseum in Suid-Afrika gevestig met 325 plante wat hy in 1825 aan die museum geskenk het.
Oorspronklik gepubliseer in Anton F. Prinsloo se Die aap in jou koffie
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R200,00*
* Prys onderhewig aan verandering