Woord: frisbee

Argieffoto

Woord:
frisbee

Betekenis:
konkawe plastiekskyf wat as speelding gegooi word

Waar kom dit vandaan?
Genoem na William Russel Frisbie. Hy het in 1871 ʼn bakkery in Bridgeport, Connecticut in die VSA gekoop. Dit het pasteie aan restaurante in die stad gelewer, en ook aan die kampus van die Yale Universiteit. Die houers van metaal het Frisbie se naam in reliëf op die bodem gehad. Die studente het gou agtergekom dat die leë bak oor lugdinamiese eienskappe beskik wat dit pret maak om dit vir mekaar met krulle en draaie te gooi.

Walter Frederick Morrison (1920-2010) het die eerste plastiekfrisbee gemaak, veral omdat hy ʼn lewendige belangstelling (en geloof) in vlieënde pierings gehad het. Die plastiekweergawe kon verder en met groter beheer vlieg. Om moontlike hofsake te voorkom, het hy die naam na frisbee verander.

Dié interessante brokkie is gepubliseer in dr. Anton F Prinsloo se boek, Die aap in jou koffie (Afrikaanse eponieme van A tot Z).
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.