Woord:
fynlaken
Betekenis:
In hoë mate voortreflik, uitmuntend, geskik, aangenaam, en dies meer; met ‘n hoë mate van voortreflikheid, uitmuntendheid, geskiktheid, aangenaamheid, en dies meer; eersteklas; agtermekaar: “Hoe gaan dit?” ” (Met my) fynlaken!” Dis fynlaken, uitstekend, baie gaaf, lekker, baie mooi. Die perd loop, trek of draf fynlaken. Sy is fynlaken, ‘n eersteklas nôi. Fynlaken loop, sonder om ‘n fout te maak, bv. jy moet fynlaken loop as jy nie in die moeilikheid wil beland nie, netjies in jou spoor trap.
Bron: WAT
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Interessante uitdrukking. Ek wonder waar kom dit vandaan, want letterlik maak dit nie juis sin nie.