Woord: garage

Argieffoto (Foto: RyanMcGuire, Pixabay)

Argieffoto (Foto: RyanMcGuire, Pixabay)

Woord:
garage

Betekenis:
motorhuis, motorhawe

Waar kom dit vandaan?
ʼn Garage het eeue gelede niks met rytuie te make gehad nie, wel met skepe. Dit was hul skuilplek (van Oudfrans garer “to dock/shelter ships”).

Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek: Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Piet Pompies ·

Ons het groot geword met die woord “Garage” en nie motorhuis soos dit ook bekend staan. My pa was handig met meganiese en elektriese toerusing, so ons garage het bestaan uit motors, ketelmaker werk en elektriese toerusting.
Hierdie was ons speelveld as kinders, hier het ons groot geword, hier het ons kennis opgedoen wat ek tot vandag toe gebruik.
Hier het ons gekuier saam vriende, koffie gedrink en ja selfs pak slae gekry, later het die garage ook sy eie toilet gekry en selfs ‘n toonbank.
Ek dink baie van ons het maar ‘n garage en nie ‘n motorhuis.

Willie ·

Ek het baie by my Oupa en Ouma op die plaas gekuier en daar het die mense in die omgewing van ‘n waenhuis gepraat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.