Woord: geiser

Foto: Jean-Pierre Lavoie (Skermgreep uit YouTube-video)

Woord:
geiser

Betekenis:
toestel om water vir huisgebruik te verwarm; warmwatertoestel; warmwaterfontein wat met gereelde tussenposes uit die grond spuit

Waar kom dit vandaan?
Genoem na die Groot Geysir in Árnes, in die vallei van Haukadalur, Suidwes-Ysland. Dié geiser het reeds in die 13de eeu aktief geraak maar is redelik stil sedert 1916 – miskien as gevolg van vullis wat mense daarin gooi. Die water spuit soms tot 61 m hoog. Die naam kom van die Yslandse of Oudnoorse geysir wat “uitbars, opspring” beteken.

Dié interessante brokkie is gepubliseer in dr. Anton F Prinsloo se boek, Die aap in jou koffie (Afrikaanse eponieme van A tot Z).
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.