Uitdrukking: Gekonfyt wees in iets
Betekenis: Iets deeglik ken.
Be well-versed in something. DEEGLIK KEN.
In Nederlands het dit ’n ongunstige betekenis, waarskynlik omdat dit uit ’n werk van die Franse skrywer Mérimée kom (Chronique du temps de Charles IX) waarin hy die koning beskryf as ’n vrolike vent wat in slegte streke deeglik gekonfyt is. Die woord konfyt slaan terug op die Franse confire, “om in te lê”, en dus by uitbreiding om deurtrek te wees van iets, soos ingelegde vrugte.