Het jy geweet? “Ghoemahare” is ʼn sinoniem vir “spookasem”.
ghoemahare s.nw. [geen meervoud] suiker met pastelkleursel daarby ingemeng wat gespin is tot ’n bol lekkergoed wat aan watte herinner, gewoonlik op ‘n stokkie of in ‘n deursigtige, luggevulde plastieksakkie aangebied: Jou siel sleep. En in jou kom lê ’n diep lus vir outydse pienk ghoemahare. Pienk suikervertroosting wat om en om ’n stokkie gedraai is en nie ’n opgepofte plêstieksakkie met grillerige pienk of groen spookasem daarin nie (Anastasia de Vries, Die Burger, 9 November 2001).
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Ag nee, van hierdie nuwe woorde raak nou regtig simpel. ‘n Ghoema is ‘n trom so waar kom dit nou vandaan. Nie oulik nie, nie beskrywend nie, net simpel.
Wat ‘n pragtige woord!
Neem my terug na my kinderjare!
As kind was dit die naam vir spookasem, so dit is ‘n naam wat in die volksmond bestaan vir jare.
Ek’s al oor 60