Woord:
gottabeentjie
Betekenis:
Beentjie aan die agterkant van die elmboog wat ‘n pynlike en verlammende gevoel veroorsaak wanneer dit gestamp word; sinonieme einabeentjie, elmboogbeentjie, gonnabeentjie, kieliebeentjie, liewenheerbeentjie, swernootbeentjie, tinteltonnetjie, verneukbeentjie, wewenaarsbeentjie</em
Die verlamming in my arm nadat die boom my gottabeentjie getref het, neem byna ’n halfuur om te herstel (Volksblad, 6 November 2013, 5).
Waar kom dit vandaan?
Samestelling van gotta en beentjie, so genoem omdat ‘n stamp op hierdie beentjie gewoonlik ‘n uitroep van pyn, dikwels in die vorm van ‘n kragwoord soos gotta of gonna, ontlok.
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.
Ek sal nie toelaat dat my kinders daardie naam gebruik nie. Dink persoonlik dis onvanpas. Sal maar by skokbeentjie bly.
Ek ken dit ook as ‘n sjokbeentjie.
Eerste keer in my lewe wat ek die woord sien. Ken dit as skok(shock)beentjie. Nooit te oud om te leer nie
Ek ken dit weer as my/die skokbeentjie …
Dis om jou gewete te sus wat jy gotta sê inplaas van Gid. Dis ‘n direkte vloekwoord wat sy ontstaan het van Eina God.
Dis om jou gewete te sus wat jy gotta sê inplaas van God. Dis ‘n direkte vloekwoord wat sy ontstaan het van Eina God.
Ek stem saam met Chris. Dis ‘n misbruik van God en vir Christene behoort dit nie aanvaarbaar te wees nie. Ek ken die uitdrukking maar sal dit nie gebruik nie.