Woord: gottabeentjie

Argieffoto

Woord:
gottabeentjie

Betekenis:
Beentjie aan die agterkant van die elmboog wat ‘n pynlike en verlammende gevoel veroorsaak wanneer dit gestamp word; sinonieme einabeentjie, elmboogbeentjie, gonnabeentjie, kieliebeentjie, liewenheerbeentjie, swernootbeentjie, tinteltonnetjie, verneukbeentjie, wewenaarsbeentjie</em
Die verlamming in my arm nadat die boom my gottabeentjie getref het, neem byna ’n halfuur om te herstel (Volksblad, 6 November 2013, 5).

Waar kom dit vandaan?
Samestelling van gotta en beentjie, so genoem omdat ‘n stamp op hierdie beentjie  gewoonlik ‘n uitroep van pyn, dikwels in die vorm van ‘n kragwoord soos gotta of gonna, ontlok.

 

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Se maar net ·

Ek sal nie toelaat dat my kinders daardie naam gebruik nie. Dink persoonlik dis onvanpas. Sal maar by skokbeentjie bly.

DVL ·

Eerste keer in my lewe wat ek die woord sien. Ken dit as skok(shock)beentjie. Nooit te oud om te leer nie

Chris ·

Dis om jou gewete te sus wat jy gotta sê inplaas van Gid. Dis ‘n direkte vloekwoord wat sy ontstaan het van Eina God.

Chris ·

Dis om jou gewete te sus wat jy gotta sê inplaas van God. Dis ‘n direkte vloekwoord wat sy ontstaan het van Eina God.

James ·

Ek stem saam met Chris. Dis ‘n misbruik van God en vir Christene behoort dit nie aanvaarbaar te wees nie. Ek ken die uitdrukking maar sal dit nie gebruik nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.