Woord: hanswors

Argieffoto

Woord:
hanswors

Betekenis:
grapmaker, nar (ook iemand wat hom belaglik of komies gedra)

Waar kom dit vandaan?
Genoem na die Duitse spotnaam vir ʼn onbeholpe persoon, Hans Wurst, wat ʼn gereelde komiese karakter in die ou Duitse toneel was

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Louis Saaiman ·

Dankie vir al julle leersame idiome.
Kan jul dalk die een ‘in Ligte laaie’ plaas, as n gebou afgebrand het. Ek het weer daaroor gewonder toe dit voorgekom het in die artikel oor die AGS Senekal wat afgebrand het

Groete
Louis

Anja van der Merwe ·

Dagsê Louis

Dankie vir jou navraag. Een van die ouer betekenisse van laai is “vlam”. “In ligte laaie” verwys dus na vlamme wat die omgewing verlig.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.